HANNA GROBLER, aktrise

Watter voorkoms vir die feestyd?
My hare frizz, maar hierdie seisoen los ek die stileeryster en dra ek dit natuurlik.’n Groot bos hare is in die mode en ek hou dit in toom met ’n haarband.

Jou gunstelinge?
Ek kan in die somer nie sonder The Body Shop se Mango Body Butter (R120) oorleef nie. Dit gee my vel daardie ekstra glans en ek is mal oor die mango-geur.

TAMMY-ANNE FORTUIN, TV-persoonlikheid

Tammy-Anne Fortuin

Watter voorkoms vir die feestyd?
Vakansietyd hou ek van subtiele grimering en glo hoe minder hoe beter. Ek hou van ’n pienkerige lipstiffie wat pret is, maar nie te oordonderend nie. Dit gee kleur en bevog.

Jou gunstelinge?
Ek’s mal oor M.A.C Powder Blush in Pinch Me (R190). Dit gee daardie perfekte glans en help om kontoere op jou gesig te skep.Dis subtiel maar doeltreffend.

LOUISE CARVER, sanger

Louise Carver

Watter voorkoms vir die feestyd?
Vir die aand en op die verhoog gaan ek my ooggrimering taamlik skoon hou, met net ’n sterk oogomlyner op die boonste ooglid. Rokerige oë moet vir eers ’n bietjie opsystaan, dis nou tyd vir dramatiese oogomlyner!

Jou gunstelinge?
Ek het al met baie verbronsers eksperimenteer, ook dures, en ek bly mal oor Almay Powder Bronzer in Sunkissed (R130). Boonop breek dit nie as ek reis nie – ek moet dit net hê!