Gedink pers, groen en oranje is net vir die waaghalsiges? “Dink weer,” sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe. Sy beveel aan dat jy dié winter jou grimeerpalet aanvul met helder kleure om jou voorkoms én gemoed te lig.

 

Die idee van ’n helder grimeerreeks was eenvoudig: Ons wou ’n biblioteek van mooi, inspirerende kleure skep wat ’n vrou enige tyd kan optel wanneer sy ’n bietjie pret wil hê met haar voorkoms”
Amerikaanse grimeer-ghoeroe Bobbi Brown

 

“Ons sien nou diep skakerings soos mosgroen, bottelgroen en burnt orange – baie soos wat jy in die natuur kry. Dis glad nie roomys-skakerings nie.

“In die winter dra ons donkerder klere, dikwels ’n swart jas of grys serp, en daarom is dit die ideale geleentheid om jou grimering kleur te gee. Dis ook sielkundig – ons vel is bleker en daarom soek ons kleur,” verduidelik sy.

HOE DOEN EK DIT?

1 As jy nog altyd skrikkerig was vir kleur, begin deur net ’n groen kohl (of groen oogpotlood)
onder aan die binnekant van jou ooglid aan te wend. “Begin subtiel en eksperimenteer dan,” is Liz se raad.

2 Vir ’n bietjie meer impak, gebruik bottelgroen oogskadu en kleur jou oë net bo jou wimpers met ’n oogskaduborsel. Skakeer die kleur goed na die oogvou toe. “Jy kan die groen met bruin meng as jy ’n subtieler voorkoms verkies,” sê Liz. As jy van ’n tikkie drama hou, kan jy die kleur tot net verby die oogvou aanwend.

3 Kleur nou liggies die onderkant van jou oë. Gebruik klein sirkelbewegings. “As jy jou oë groter wil laat lyk, gee jy net die onderste buitenste hoeke kleur,” sê sy.

4 “Helder oogskadu ‘spat’ soms en gaan lê onder jou oë. Dit kan jou moeg laat lyk,” sê Liz. Eindig met maskara en bring nadat jy oogskadu aangewend het ’n bietjie verbloemer onder oë aan om dit weer vars te laat vertoon.

5 Gee wange en lippe definisie met ’n natuurlike skakering. ’n Gekleurde lipsalf is ideaal vir die winter.

Rimmel London Turkoois vir jou oë

Pers oogskadu is sag en lyk treffend saam met rooi lippe.
Kombineer dit met groen Rimmel Colour Rush Mono
Eye Shadow in Alluring
(R44,95). Begin met pers in
die hoekies en beweeg geleidelik na groen soos jy na
die buitekant van die oog beweeg.

’n Turkoois oogpotlood verhelder elke oogkleur.
Omlyn jou oë met Clarins Eye Pencil in Turquoise
(R180) of gebruik bo-oor ’n swart oogpotlood.
M.A.C Bobbi Brown
Vir oë wat die kollig soek, probeer M.A.C Colour
Ready Eye Shadow in Bitter
(R130).
Enige gelaat kry lewe met Bobbi Brown
Lip Gloss in Pink Cloud
(R175) uit die Bobbi
Brights-reeks. Eksklusief Edgars.
Kangol
Jy kan kies en keur uit die woema-kleure
van Kangol Eyeshadow Powder in Tropical Heat (R65).