Jy kan met slim grimeertruuks jare van jou gesig af laat verdwyn, sê Andrew James, Lancôme SA se nuwe grimeerkunstenaar.

"Soos die jare verbygaan, verloor jou oë hul oorspronklike vorm: Die vel word losser en die oë lyk kleiner. Omlyn hulle met 'n donker, neutrale kleur en gee hulle weer definisie."

Hy beveel Lancôme Ombre Absolue Mono-oogskadu in Golden Brown (R285) oor die hele ooglid aan en Lancôme Ombre Absolue in Moonlight (R285) as 'n aksentkleur in die binnehoekies en onder jou (perfek geplukte) wenkbroue. "Rond af met maskara wat volume gee om jou oë nog oper te laat lyk." * Vir nog jonkbly-wenke loer in die nuwe SARIE Gesond.