Met spesiale vergunning van Bobbi Brown. Foto's uit die Bobbi Brown Makeup Manual.

Stap 1

STAP 1:

Berei jou oë voor met ’n lagie poeier oor die hele oogdeel
(tot by jou wenkbroue) om eenvormige kleur en tekstuur
te skep en jou ooglede ’n mat-afwerking te gee. Jy kan jou
velkleur-gesigpoeier hiervoor gebruik.

Stap 2

STAP 2:

Gebruik ’n oogskadu-borsel en wend ’n medium- of donker
oogskadu (nie te blink nie; bruin werk goed) oor die hele
ooglid tot in die oogvou aan – fokus op die oogvou.
Wend laag-op-laag aan totdat dit dramaties genoeg na jou sin is.

Stap 3  

STAP 3:

Gebruik ’n oogpotlood en trek ’n taamlik dik
lyn teenaan jou wimpers, reg rondom jou oë.
Skakeer lyn egalig met jou vinger, ’n oorpluisie
of ’n dun borseltjie van natuurlike vesels
(wat nie die vel om jou oë sal krap nie).

STAP 4:

Wend donker oogskadu (bruin of swart)
bo-oor die potloodlyn aan met ’n dun
oogomlyner-borsel – teenaan die wimpers,
bo én onder – vir ekstra omlyn-trefkrag.

Stap 5

Stap 6

STAP 5:

Vee oor die oogskadulyn rondom jou oog
(nr. 4) met jou vinger, ’n oorpluisie of ’n
sagte borsel om ’n rokerige voorkoms te skep.

STAP 6:

Tik nog ’n bietjie oogskadu (donkerder as by
nr. 3, met fokus op die oogvou en buitehoekie)
op jou ooglid vir definisie. Eindig met ’n paar lae
swart maskara.