Wat was jou inspirasie vir Flora by Gucci (R675 vir 30ml)? My inspirasie was die ikoniese Flora-patroon, wat eie aan die huis van Gucci is. Hierdie patroon was oorspronklik geskep vir 'n sy serp wat vir Prinses Grace van Monaco ontwerp is, in 1966. Toe ek by Gucci aangesluit het, was dit die eerste ding wat ek wou laat opdiep uit die argiewe, want ek het gedink dit het wonderlike potensiaal. Hoe betrokke was jy by die skep van die geur? Ek was betrokke van die begin tot die einde. Ek wou gehad het dat Flora die Gucci styl oordra en ook my visie vir die handelsmerk weerspieël. My benadering was nog altyd om 'n skakel tussen die verlede en toekoms te wees. Ek is deurgaans besig om te kyk na die mees ikoniese aspekte van dié huis en dié erfenis met 'n moderne oog te herinterpreteer. Hoe sal jy die verpakking van Flora beskryf en hoekom het jy die bekende patroon in swart en wit gebruik?

Tot nou toe was die Flora-patroon nog altyd in kleur. Dit is die eerste keer in Flora se 40-jaar geskiedenis dat die patroon in swart en wit gedruk is. Ek hou van die kontras wat dit bied met daardie tikkie andersheid. Die verpakking van Flora deur Gucci is besonders eiesoortig en dien as 'n voorbeeld van hoe ons die Gucci-erfenis omskep op 'n moderne wyse.  Watter tipe vrou sal Flora dra? Die Flora-vrou het 'n jeugdige en vroulike gees, sy is modern, maar daar is ook iets tydloos omtrent haar. Wat is die verskil tussen Flora by Gucci en jou eerste geur, Gucci by Gucci? Flora deur Gucci is 'n ligter geur en daarom dink ek dat 'n vrou die geur met gemak kan dra, enige tyd, enige plek. Ek dink ook dat Flora het 'n jonger kant, maar dit het nie regtig iets met ouderdom te doen nie, liewer 'n vrou se uitkyk op die lewe. Is daar 'n verskil wanneer jy werk aan 'n geur en wanneer jy werk aan 'n klereversameling? Vra dit vir verskillende denkprosesse? Ek sou sê dit is dieselfde. Beide prosesse vra vir dieselfde skeppings bui. Ontwerp is dikwels 'n oefening om 'n stemming te skep. Die twee prosesse verskil wel tegnies. Dit is ook belangrik om te besef dat loopplank-ontwerpe bedoel is om te inspireer en te terg op 'n nuwe manier, elke seisoen, terwyl 'n geur 'n langer lewe moet hê.

Jy't die inspirerende advertensie hierbo gekyk. Kom loer nou agter die skerms toe dit geskiet is.