Sterre wat dié geleentheid gaan bywoon word skoonheidsprodukte- en behandelings aangebied van tot $250 000 (ongeveer R2.2 miljoen)!

Dit sluit als in van naellak met egte diamante tot vreemde behandelings soos die nuwe Vampire FaceLift (waar jou eie bloed met vullers gemeng word en ingespuit word).

Aktrises soos Demi Moore (bloedsuiers wat aan haar vel gesuig het om haar bloed te detoks) en Gwyneth Paltrow (cupping) het albei erken dat hulle al vreemde behandelings probeer het om goed te lyk op die rooi tapyt.

Dink jy dié behandelings laat die sterre ekstra mooi lyk?

* Die Oscars word op Maandag, 25 Februarie om 20:30 op M-Net uitgesaai.

Bron: Reuters