In jou 20's - Dis pret!

Kyk nou vir Scarlett Johansson. Sy eksperimenteer gedurig met kleur en lengte.
"Sy's 'n goeie voorbeeld van haarkleur-verandering," sê haar kleur-kenner, Negin Zand. "Al gaan ek soms van die een uiterste na die volgende, lyk dit tog altyd natuurlik.

Kate Bosworth se haarkleur-kenner, Tracey Cunningham sê: "Watter kleur jy ookal probeer, maar seker dis 'n lewendige kleur (vibrant)."

Natalie Portman se haarstilis, Mark Townsend sê: "Hou jou styl jonk - sny tekstuur in korter style in en sny in lae vir langer hare."

In jou 30's en 40's: Geniet die glans!

Jou hare het versorging nodig - "Jy kan nie meer met 'n pas-uit-die-bed-haarstyl rondloop nie," sê Mark.? Kies 'n lang- of kort haarstyl: Kies 'n lengte waar jou hare op hul gesondste lyk.

Gladde hare: Haal die krul uit jou hare. Andy LeCompte, Penélope Cruz se haarstilis, stel 'n Brazilian Blowout voor.

Hou dit natuurlik. Jennifer Aniston se haarstilis sê jy moet nooit meer as twee skakerings afwyk van jou natuurlike kleur nie.

2 x kleur. Kies 'n multikleur met glans, dit gee vir jou 'n elegante voorkoms. Begin met 'n basiskleur en sit lowlights in wat nie meer as twee skakerings van die basiskleur verskil nie. So sê Debra Messing se haarstilis, Rona O'Connor.

In jou 50's en 60's - Nuut en vars style!

Jy kán lang hare dra: Jy hoef nie jou hare kort te sny net omdat jy ouer is nie, maak net seker jy gebruik 'n goeie opknapper.

Ligter haarkleur rondom jou gesig: 'n Donker raam om jou gesig lyk verouderend.

Versigtig vir 'sonstrepies':
Moenie te blond gaan nie. Sit lowlights ook in vir diepte in jou haarkleur. Só glo Lorri Goddard-Clark wat Michelle Pfeiffer se hare versorg.

Grys is ook goed:
Versorg jou grys hare met 'n glans-behandeling.

Vir nog foto's, klik by Harper's Bazaar se webtuiste

Lees wat skryf André le Roux oor 'n slegte haredag...