Die ikoniese mode-en-skoonheidshuis Yves Saint Laurent vier vanjaar 50 jaar van skoonheid. Vir dié geleentheid is agt splinternuwe oogskadu-palette bekend gestel. Daarby is agt van SA se voorste modeontwerpers gekies om dié splinternuwe palette te interpreteer met ’n kledingstuk.

Elk van die oogskadu-palette se kleurkombinasies is geïnspireer deur een van Yves Saint Laurent se modereekse. Die verpakking is boonop ontwerp om die simmetriese lyne van die Paryse ontwerper se ikoniese Mondrian-rok na te boots. Die SA ontwerpers wat aan dié unieke projek deelgeneem het was KlûK CGDT, Thula Sindi, Gert-Johan Coetzee, Craig Jacobs, David Tlale, Suzaan Heyns, Avant Apparel, asook die wenner van die Elle Rising Star-kompetisie, Tamara Cherie Dyson.

YSL se ikoniese Mondrian-rok YSL se ikoniese Mondrian-rok

FOTO: Bekende akteur se seun doen sy eerste modesessie

Die agt YSL oogskadu-palette Die agt YSL oogskadu-palette, elk geinspireer deur een van Yves Saint Laurent se modereekse

SARIE het ’n kans gekry om met die ontwerpers Malcolm Klûk en Christiaan Gabriel Du Toit van KlûK CGDT te gesels oor hul interpretasie van YSL se Tuxedo-palet, wat geïnspireer is deur YSL se Le Smoking-aandpak vir vroue. Dié ontwerp het in 1966 opslae gemaak omdat dit toe ongekend was dat vroue in die aand langbroek dra.

Donker grimeerskakerings is nou hoogmode - lees meer hiér!

1. Hoe het julle die ontwerp-proses van dié projek ervaar?

Yves Saint Laurent se Le Smoking-modestukke het reeds voorheen ons ontwerpe geïnspireer. Dié projek was dus eintlik maklik omdat ons dadelik ’n baie goeie idee gehad het van wat ons wou hê. Dit beteken ook vir ons baie dat ons ontwerp-standaard op YSL se vlak is, veral omdat sy werk voorheen ’n invloed op ons eie skeppings gehad het.

2. Wat wou julle met julle aandpak-ontwerp bereik?

Ons wou ons eie stempel daarop afdruk en dit relevant maak vir vandag, maar steeds YSL se ikoniese aandpak-ontwerp behou. Die oorspronklike YSL-ontwerp is sigbaar in die eenvoudige lyne en die satyn-lapelkraag, terwyl daar op die rug ’n blom-ontwerp is wat ons vanjaar op al ons ontwerpe gebruik het. Ons het ook besluit om dit ’n eenstuk te maak – dis nou baie gewild – en ’n verejas ontwerp wat saam met die aanpak gedra kan word.

Nuwe YSL-onderlaag gebruik ruimte-tegnologie

3. Wat sou julle sê is die perfekte grimeervoorkoms om saam met die ontwerp te gaan?

Omdat dit ’n baie sterk en kragtige voorkoms vir vroue is, is die Tuxedo-palet perfek om ’n rokerige voorkoms op jou oë te skep. Ons sal dan ’n subtiele bruin skakering op die lippe gebruik omdat die oë én uitrusting reeds baie treffend is.

4. Die verejas is baie treffend, hoekom het julle dit by julle ontwerp gevoeg?

Ons het die materiaal twee jaar gelede al gekoop en het heeltyd gewag vir ’n kans om dit te gebruik. Ons het toe besluit om ’n verejas te ontwerp wat saam met die aandpak gedra kan word. Dit skep drama en dit is ’n manier om die elegante aandpak te onthul. Dis die perfekte kombinasie tussen eenvoud en drama.

5. Wat is jul toekomsplanne met dié aandpak?

Ons sal seker ’n weergawe skep wat ons in ons winkels kan verkoop. Ons sal heel moontlik die broekspype verleng en die rug van die pak, wat tans deursigtig is, toemaak. Ons het al drie navrae oor die pak gekry, wat ’n aangename verassing is.

Christiaan Gabriel Du Toit en Malcolm Klûk van Klûk CGDT  FOTO: Verskaf Christiaan Gabriel Du Toit en Malcolm Klûk van Klûk CGDT
FOTO: Verskaf

Our design for #SaStyleAwards inspired by the iconic YSL "Le Smoking" thanks to @Ninelives for the picure

A photo posted by Malcolm & Christiaan (@klukcgdt) on

 Dié elegante aandpak is die perfekte kombinasie tussen eenvoud en drama.

Dié ikoniese parfuum vier vanjaar 25 jaar - lees meer