Die mode-ontwerper Thierry Mugler se ikoniese parfuum Alien Eau de Parfum vier vanjaar sy 10de verjaardag! Met ’n basis van wit amber, ’n hartnoot van hout en ’n sprankelende topnoot van suiwer Arabiese jasmynolie bekoor dié soet parfuum reeds ’n dekade lank vroue wêreldwyd. Prins Harry nie haastig om te trou nie Thierry Mugler Alien Eau de Parfum (R775 vir 30 ml) spog met ’n interessante pers glasbottel wat herinner aan die ametis-edelgesteente, terwyl goue detail ’n gevoel van misterie en luuksheid skep. Die sterbestanddeel van dié parfuum is suiwer Arabiese jasmyn, ’n tipe jasmyn wat hoofsaaklik in die suide van Indië groei. (Kyk na die agter-die-skerms-foto’s om meer oor dié luukse parfuumbestanddeel uit te vind).

“Toe ek Alien geskep het, het ek gedroom van ’n geur wat die glans en grootsheid van elke vrou sal onthul. Pleks van ’n geur wat verlei, is Alien ontwerp as ’n geur propvol energie.” – Thierry Mugler

Ná Alien Eau de Parfum is daar nog drie weergawes van dié geur bekend gestel - Alien Eau de Toilette (R535 vir 30 ml), ’n ligter sitrusweergawe van die oorspronklike geur, Alien Essence Absolue (R775 vir 30 ml EDP Intense), ’n gekonsentreerde weergawe met note van vanielje, en Alien Eau Extraordinaire (R599 vir 30 ml EDT), ’n sprankelende weergawe met blom- en sitrusnote.

FOTO: Karlien van Jaarsveld verras 'My hartjie'-rokwenner

FOTO’s: Agter die skerms tydens die Alien-vervaardigingsproses

Het jy geweet?

Thierry Mugler glo dat sy interessante parfuumbottel-ontwerpe gekoester moet word. Daarom het hy die unieke Thierry Mugler Source-konsep bekend gestel waar aanhangers hul oorspronklike Alien Eau de Parfum-parfuumbottels kan laat hervul. Dis omgewingsvriendelik én geldbesparend!

Sit só die Facebook-video's af wat vanself begin speel