SkoonheidM.A.C se grimeertendense vir die komende lente- en somermaande is in ’n helder, vrolike boek saamgevat. Ons is mal oor die geel voorblad. Dit laat jou sommer uitsien na die warm maande wat op pad is!

Dior Addict Eau Delice het ’n vrolike somerveldtog met ’n strandtema. Ons hou baie van die speelse sketse wat deel uitmaak van die persverklaring.

SkoonheidKyk hiér na die oulike video-advertensie.

Heuning en bye gaan dié somer groot wees!

Skoonheid

Marc Jacobs se nuwe parfuum, Marc Jacobs Honey, is ’n bewys daarvan. Kyk net hoe mooi is die polkakol-tema in dié persverklaring!

Heuning inspireer skoonheid!

Calvin Klein Down Town is ’n glansryke parfuum. Ons het foto’s en inligting oor dié parfuum in ’n pragtige grys leertassie gekry. Is die aktrise Rooney Mara nie beeldskoon in dié advertensie-veldtog nie?

SkoonheidAl die inligting oor Chloé se nuwe parfuum, SeeByChloé, word met ons gedeel in ’n oulike boekie vol interessante foto’s.