Daar het dié week ’n hele klomp parfuums by die SARIE-kantoor in Johannesburg opgedaag - van sagte blomgeure tot ander met vrugtenote en selfs mansparfuums! Hier is van ons gunstelinge onder die nuwe parfuums wat nou beskikbaar is:

Vir haar:

parfuums

1. Die Pleats Please-reeks geure van die Japanse modeontwerper Issey Miyake is ’n huldeblyk aan sy kleurryke en geplooide ontwerpe. In die nuutste toevoeging tot die reeks, Issey Miyake Pleats Please L’Eau (R785 vir 50 ml EDT), word die varsheid van roos beklemtoon met pienk peper en lemoenbloeisel. 2. Een van die gewildste sangeresse van die oomblik, Rihanna, het reeds meer as een parfuum en haar nuutste, Rogue by Rihanna (R520 vir 75 ml EDP), is ’n muskus-blommegeur. Ons is mal oor die roosgoue verpakking - dis tans ’n groot trend. 3. Laventel is ’n noot wat  gewoonlik in mansparfuums voorkom, so dit is uniek om dit in ’n vroueparfuum te kry! Burberry Brit Rhythm for Women (R880 vir 50 ml EDT) is ’n kombinasie van blomnote.

Vir hom:

mansparfuums1. ’n Swaarder geur met houtnote soos Calvin Klein Dark Obsession (R835 vir 125 ml EDT) is perfek vir die herfs-seisoen wat om die draai is. 2. Talle parfuums is deur Mediterreense geure geïnspireer. Só ook Bvlgari Aqva Amara (R895 vir 50 ml EDT). Sisiliaanse nartjie, Tunisiese lemoenbloeisel en waternote gee dit ’n supervars aanslag. 3. Dis die ideale parfuum vir ’n aand uit! Die nuwe Azzaro Club Men (R655 vir 75 ml EDT) se doppie herinner aan ’n disko-bal. Die geur het vrugtenote soos suurlemoen en papaja, en dis met muskus gekombineer.