Dis ’n nuwe jaar en die SARIE-skoonheidstoor is reeds propvol nuwe skoonheidsprodukte om na uit te sien in 2015. Hiér is ’n paar van hulle:

Oscar-benoemings - hier's die name!

skoonheidstoor 2015

1. Pond’s Spot Clear Even Tone Multi Action Facial Foam + Scrub (R50): As jy ’n olierige vel het, is dié alles-in-een-reiniger vir jou. Met bestanddele soos salisielsuur, fyn korreltjies en kruie-ekstrak takel dit die probleem van oortollige olie op jou vel en bevorder ’n stralende en egalige gelaat.

2. Revlon ColorStay Moisture Stain in Stockholm Chic (R170): ’n Lipglans wat egalig aangly, lig voel op jou lippe en heeldag lank hou. Omdat lipglanse geneig is om jou lippe uit te droog, is dié lipglans verryk met vitamien E en aalwyn om te voorkom dat die formule taai op jou lippe voel.

3. Vichy Capital Soleil BB Tinted Dry Touch Face Fluid SPF 50 (R279): ’n BB-room en sonskerm in een! Nie net bied dié BB-room langdurende beskerming teen die son nie, maar dit dien ook as ’n getinte vogroom vir 'n kombinasie of olierige vel.

4. Dr. Hauschka Foundation in Macadamia (R395): Dié skoonheidshuis se nuwe onderlaag-reeks is geformuleer om selfs vir uiters sensitiewe velle geskik te wees. Makadamianeut- en klapperolie bevogtig jou vel, terwyl granaat-ekstrak sorg dat dié vog nie deur die dag verlore gaan nie. Beskikbaar by Woolworths en uitsoekwinkels

5. Smashbox Photo Filter Creamy Powder Foundation in Shade 4 (R425): Dié poeier-onderlaag is geformuleer om lig te weerkaats vir ’n foutlose foto-voorkoms. Daarby laat die tweekantige sponsie jou toe om te kies of jy minder of meer bedekking wil hê.

Raai watter jong model is die nuwe gesig van Maybelline?

6. ghd Style Root Lift Spray (R195): Gee lewelose hare woema en volume met dié haarsproei. Spuit die haarsproei in ná jy jou hare gewas het en blaas dan jou hare rofweg droog vir ’n gemaklike "ek het so opgestaan"-voorkoms. Beskikbaar by uitsoeksalonne

7. Sorbet Age Affect Lip & Eye Repair Serum (R155): Voed en bevogtig die sensitiewe vel om jou oë, asook jou lippe met dié serum van Sorbet se nuwe velsorgreeks. Beskikbaar by Clicks

8. Christian Lacroix Nuit For Her (R440 vir 50 ml EDP): ’n Sensuele Oosterse geur wat spog met note soos jasmyn, bergamotpeer, soetemaling en lemoenbloeisel. Hoewel dié parfuum nie nuut is nie, is dit steeds ’n gunsteling onder blomgeur-liefhebbers. Skakel 0860 102 345

9. Dermalogica C-12 Pure Bright Serum (R1 200): ’n Splinternuwe serum wat hiperpigmentasie en donker vlekkies takel vir ’n vel wat straal. Die formule is lig en kan in die dag én aand aangewend word.

10. Clarins Instant Light Eye Perfecting Base in 00 (R295): Laat jou oë die praatwerk doen met intense oogskadu-skakerings deur eers dié basislaag aan jou ooglede te wend. Boonop bevat die formule ook antioksidante wat jou vel beskerm teen onsuiwerhede in die lug.

Skoonheidsvoornemens om vanjaar te hou - lees meer hiér!