Die organisasie Pantone word beskou as dié kenners van kleur wêreldwyd. Hulle wys elke jaar ’n kleur aan wat dan as die kleur van die jaar beskou word. Vanjaar is dit die pers skakering Radiant Orchid!

orgidee

Ons het reeds ’n paar produkte gekry wat deur dié skakering geïnspireer is:

groepfoto

Vir jou lippe:

lippe

Hou die res van jou grimering eenvoudig sodat die fokus op jou lippe is as jy kies om dié skakering te dra. As jy skrikkerig is vir helder kleur op jou lippe, kan jy ’n lipglans of -tint probeer vir ’n sagter voorkoms.

Probeer:

  • Revlon Super Lustrous Lipstick in Berry Couture (R120)
  • Palladio Herbal Lip Gloss in Bezel (R60)
  • Palladio Lip Stain in Berry (R85)

Op jou naels:

naels

’n Pers skakering lyk super-sjiek op jou naels! Hou jou naels kort vir ’n moderne voorkoms.

Probeer:

  • Mavala Nail Color Cream in Amethyst (R64) Vanaf Mei beskikbaar.
  • Ice Box Colors in Iva's Berry Ice (R110 vir 15 ml)

Pers parfuum

parfuum

Ons is mal oor die bottel van Paul Smith Women (R795 vir 100 ml EDP) wat perfek by Pantone se Radiant Orchid-skakering pas. Die parfuum bevat note soos clementine, bergamot, pienk peper en peer.