Die SARIE-skoonheidspan het dié week gesien al hoe meer produkte is beskikbaar om donker vlekke te verbloem en vel egalig en stralend te laat lyk.

Hier is van die gunstelinge in ons skoonheidstoor:

produkte met nommers

1. Shiseido Sheer Eye Zone Corrector All Day Dark Circle Vanishing (R395): Dié produk se formule is ekstra lig om nie swaar te voel op die dun vel onder jou oë nie en dit neutraliseer donker kringe. By uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords.

2. Bourjois 123 Perfect CC Eye Cream SPF 15 (R110): Dit verhelder en bevog nie net die vel onder jou oë nie, maar bevat ook ’n SBF van 15 om dié dun vel teen die son te beskerm. By Clicks.

3. Rimmel Stay Matte Liquid Mousse Foundation (R120): Dié formule is spesifiek vir ’n olierige vel ontwikkel sodat dit nie swaar voel nie.

4. Clarins Instant Concealer (R310): Kafeïen in die produk werk ook om donker kringe te beveg terwyl dit verbloem en verhelder.

5. Juliette Armand CC Color Control Cream (R455): Die formule van dié CC-room pas aan by jou eie velkleur om dit so natuurlik as moontlik en egalig te laat vertoon. By uitsoeksalonne.

6. Max Factor CC Colour Correcting Cream SPF 10 (R146): Gliserien sorg dat jou vel supersag en bevog is terwyl dit ook vlekloos lyk. By Clicks.