Serums is ontwikkel om spesifieke velprobleme te takel, soos onegalige velkleur en -tekstuur, tekens van veroudering of ’n verlies aan vog. Dit bevat ’n hoër konsentrasie aktiewe bestanddele as vogroom en werk daarom dieper in jou vel.

Hiér is die SARIE-skoonheidspan se gunsteling-serums uit die skoonheidstoor:

serums nommers

1. Clarins Bright Plus Intensive Brightening Serum (R605 vir 30 ml): Danksy seelelie- en framboos-ekstrak in die formule help dié serum om die voorkoms van donker vlekke op jou vel te verminder vir ’n stralende gelaat.

2. Chanel Le Lift Firming Anti-Wrinkle Serum (R1 830 vir 30 ml): Dié formule voel lig en sag op jou vel en bevat unieke bestanddele wat tekens van veroudering teenwerk.

3. L’Oréal Age Perfect Cell Renew Golden Serum (R225): Soos wat jy ouer word neem dit langer vir jou vel om nuwe selle te vervaardig. Wend een spuitjie van dié serum daagliks aan om jou vel weer jonk en vars te laat lyk.

4. Lancôme Advanced Génifique Youth Activating Concentrate (R735 vir 30 ml): Dié gekonsentreerde serum is ontwikkel om tien tekens van veroudering te verbeter, soos onder meer plooie, fyn lyntjies en ’n onegalige veltekstuur.

5. Givenchy Smile ’n Repair Intensive Firming Serum (R1 170): Kry weer die sprankel in jou glimlag met hierdie serum wat help om jou vel weer soepel en ferm te laat vertoon.

6. Elemis Advanced Brightening Even Tone Serum (R1 275): As jy sukkel met ’n onegalige velkleur is dié serum, met ekstra vitamien C, perfek.

7. Vichy ProEVEN Night Overnight Concentrate Dark Spots & Uneven Skin Tone Serum (R399): Hierdie gekonsentreerde serum kan daagliks in die aand tydens jou velsorgroetine gebruik word, asook as ’n masker een keer ’n week om die vorming van donker vlekkies te takel.

8. Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Complex II (R675 vir 30 ml): Wend hierdie serum, wat vroeë tekens van veroudering teenwerk, in die aande aan deur liggies met jou twee middelvingers van die middel van jou gesig na buite te masseer.

9. Clinique Smart Custom-Repair Serum (R700 vir 30 ml): Reukvry en propvol antioksidante, dié slim serum takel jóú spesifieke velsorgbehoeftes. Anders as die meeste serums moet jy die formule ná jou vogroom aanwend.

10. Revlon New Complexion Even Out Mark Minimising Serum (R135): Gebruik dié splinternuwe formule daagliks net op die gedeeltes van jou vel waar donker vlekkies of ’n onegalige velkleur voorkom.

estee lauder serum 8. Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Complex II (R675 vir 30 ml)

clinique serum 9. Clinique Smart Custom-Repair Serum (R700 vir 30 ml)

revlon serum 10. Revlon New Complexion Even Out Mark Minimising Serum (R135)