Saterdag skop die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, se koninklike toer in Kanada af. En hul twee kinders, prins George en prinses Charlotte, gaan saam - dis kleine Charlotte se eerste amptelike toer. Teen dié tyd moet hulle al yslik groot wees!

Met só ’n reis moet als natuurlik eksieperfeksie wees, daarom het hulle omtrent ’n gevolg en ’n half wat saamgaan. Kate se span bestaan uit drie mense: haar sekretaresse, Rebecca Deacon, haar persoonlike, Natasha “Tash” Archer, en haar haarstilis, Amanda Tucker.

Kate is bekend daarvoor dat sy self haar grimering doen, nes die koningin. Die hertogin het selfs op haar troudag haar eie grimering gedoen! Haar kenmerkende grimeervoorkoms is subtiele rokerige oë met welige wenkbroue en ’n tikkie pienk op haar wange en lippe. Dié voorkoms werk vir haar en laat haar glansryk dog gemaklik en toeganklik lyk.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO: Nielen de Klerk FOTO: Nielen de Klerk

Volgens bronne, soos The CarouselUS Weekly en Hollywood Life, dra Kate altyd in haar handsak (groot of klein) die volgende items: sneesdoekies, handeroom, lipbalsem en gesigpoeier.

Maar met dié dat kleine Charlotte en George ook saamgaan, sal mamma Kate beslis meer in haar handsak hê.

Dié skoonheidsprodukte is glo Kate se gunstelinge:

Bronne: www.vanityfair.com, www.hellomagazine.com, www.dailymail.co.uk, www.townandcountrymag.com

Amerika se eerste supermodel - 110 jaar gelede!