“Ek wou 'n reeks skep met gloeiende, oordadige kleure. In Indië is dit só natuurlik om uitbundig te wees,” sê Nicolas Degennes, skepper van Givenchy se nuwe grimeerreeks. Die 2 nuwe lipkleure in die reeks is geïnspireer deur die aarde en henna: Maharani Rose en Maharani Henna – albei Givenchy Rouge Interdit Satin Lipsticks (R300). Beskikbaar by uitsoek-winkels van Edgars en Red Square.