Hierdie parfuum (R675 vir 50 ml EDP) is geskep om 'n huldeblyk te wees aan pure manlikheid. Die balsamiese en amber note van die eau de toilette is vervang met warm geure soos wierook en ambergrys. Art Deco was die inspirasie vir die bottel en herinner aan 'n aansteker, wat bydra tot die sexy, manlike gevoel.