“Sexy, vol selfvertroue en sterk. Dít is hoe lipstiffie ’n vrou laat voel,” sê Tom Pecheux, kreatiewe grimeerhoof van Estée Lauder. En met dié skoonheidshuis se nuwe reeks lipstiffies gaan jy ook die talk of the town wees.

Wenke vir dramatiese lipstiffiekleure

Die romerige formule van Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting Lipstick (R360 elk) bevat intense kleur-pigmente wat sorg vir sterk kleur op jou lippe wat tot 6 ure hou, terwyl hialuronsuur bevog. Kies jóú perfekte kleur uit 20 verleidende skakerings!

Estée Lauder se Pure Color Envy Sculpting Lipstick Estée Lauder se Pure Color Envy Sculpting Lipstick

Die lipstiffies is van Julie af beskikbaar by Estée Lauder toonbanke regoor die land.

Kies só die regte rooi vir jou lippe