Die Grammy-bekroonde popsangeres Taylor Swift se Taylor by Taylor Swift Made of Starlight Musical Edition (R495 vir 50 ml EDP) word verpak in ’n juweleboksie wat haar liedjie "Starlight" speel sodra jy dit oopmaak – ’n eerste in die parfuumwêreld! Dié liedjie is ook die inspirasie agter hierdie vrolike, prettige geur met note soos perske, kanferfoelie en muskus. Die geur is vir ’n beperkte tyd beskikbaar by Edgars, Foschini en uitsoekwinkels van Clicks en Dis-Chem.

Die juweleboksie waarin Taylor by Taylor Swift Made of Starlight Musical Edition verpak word. Die juweleboksie waarin Taylor by Taylor Swift Made of Starlight Musical Edition verpak word.

Het jy geweet?

  • Taylor is die jongste wenner van die gesogte Grammy-toekenning vir Album van die Jaar.
  • Sy is ook die eerste kunstenaar sedert die Beatles wat drie albums agtereenvolgens vir langer as ses weke op die Billboard 200-trefferlys gehad het.
  • Sy skryf al haar liedjies self.

Taylor se vorige parfuums het reeds groot gewen!

FOTO: Facebook FOTO: Facebook

Britney Spears het haar topverkoper-geur, Fantasy, aangepas om twee nuwe geure te skep. Fantasy Britney Spears The Naughty Remix (R425 vir 50 ml EDP) en Fantasy Britney Spears The Nice Remix (R425 vir 50 ml EDP) bevat albei presies dieselfde note as die oorspronklike Fantasy, maar in elkeen word sekere note meer beklemtoon om twee unieke geure te skep.

Vir The Naughty Remix is note soos jasmyn, witsjokolade, orgidee en muskus na vore gebring vir ’n sensuele geur, terwyl The Nice Remix ’n meer romantiese geur is met note soos kiwi, jasmyn en kolwyntjie wat beklemtoon word. Die parfuumbottels bevat ook elkeen spesiale armbande met gelukbringers. Kry die twee geure by Edgars, Foschini en uitsoekwinkels van Clicks en Dis-Chem.

Fantasy Britney Spears The Naughty Remix Fantasy Britney Spears The Naughty Remix

Fantasy Britney Spears The Nice Remix Fantasy Britney Spears The Nice Remix

Het jy geweet?

  • Britney is een van die jongste sterre nog om ’n ster op die “Hollywood Walk of Fame” te ontvang.
  • Die bekende TV-reeks Glee het ’n hele episode spesiaal aan haar musiek opgedra.
  • As kind was Britney heel eerste te sien in verhoogproduksies van die TV-reeks The Mickey Mouse Club.
  • Sy is aangewys as Billboard se Topverkoper Vroulike Kunstenaar van die Dekade vir die jare 1998 tot 2008.
  • Sy ondersteun ’n nie-winsgewende organisasie wat huise bou in die staat New Orleans vir slagoffers van Orkaan Katrina.

Só kry Britney haar gespierde maag

Kyk hier na die advertensie van Fantasy Britney Spears The Naughty Remix or The Nice Remix