David en Victoria Beckham se advertensie vir hulle nuwe parfuum, Intimately Yours, laat al wat leef na hulle asems snak.

In die advertensie ontmoet hulle in 'n huisbak en deel hulle 'n vreeslike intieme oomblik.

Elizabeth Hurley sê so ewe op haar Twitter-bladsy: "... how gorgeous does David Beckham look in his new perfume ad?!" en direk daarna noem sy, seker maar vir veiligheid, dat Victoria ook nie sleg lyk nie.

Victoria het ook onlangs op Twitter begin Twiet.