Die Oscar-benoemde akteur James Franco lyk aantreklik en manlik in ’n splinternuwe advertensie van die mansparfuum Gucci Made to Measure, wat nou ook in Suid-Afrika beskikbaar is.

In die advertensie sien ons James Franco as ’n jong man wie se styl, goeie smaak en uniekheid hom laat uitstaan. Hy is van kop tot tone in Gucci uitgevat – van die pak tot die parfuum!

Kyk die advertensie hier!

James Franco (Oz: the Great and Powerful,127 Hours, Pineapple Express) is sedert 2008 die gesig van Gucci se mansgeure. Hy is gewoonlik in Gucci geklee wanneer hy op die rooi tapyt verskyn. In 2011 het hy selfs die Oscar-toekennings in ’n Gucci-pak aangebied!

James Franco Gucci

Gaan James Franco die rol van Oscar Pistorius in ’n nuwe fliek speel?

James Franco Gucci

Dié Oosterse mansgeur se boonste note bevat Kalabriese bergamot, lemoenbloeisels van Tunisië, Franse laventel en anyssaad. Geure soos neutmuskaat van Sri Lanka, waterlelies, pruime, kaneel en jenewerbessie is in die hartnote.

Blake Lively is die gesig van Gucci Première, Made to Measure se pasmaat.

Maak jou Made to Measure-geur uniek

[box:full:both:red]

Nou kan jy die man in jou lewe se Gucci Made to Measure (R760 vir 50 ml EDT) 'n persoonlike gevoel gee. Jy kan sy voorletters gratis op die bottel se handgemaakte goue metaaldoppie laat graveer by 'n spesiale Gucci-toonbank in die volgende Gauteng-winkelsentrums:

Eastgate: Tot 19 Augustus

Sandton City: 20 – 26 Augustus

Menlyn Park: 27 Augustus – 2 September

Cresta: 3 – 9 September

[/box]