Soos jy ouer word, neem die kommunikasie tussen jou selle af. Dít veroorsaak dat die prosesse wat sorg dat jou vel jeugdig lyk nie werk soos dit moet nie. Daarom verminder jou vel se elastisiteit en fyn lyntjies verskyn. 

Advanced Time Zone werk om die kommunikasie tussen jou selle te help herstel sodat jou vel se natuurlike teenveroudering-meganisme weer kan inskop. Hierdie velsorgreeks moedig ook jou selle aan om hialuronsuur te vervaardig wat jou vel plomp laat lyk en sodoende help om die sigbare voorkoms van fyn lyntjies te verminder.

Ons is jammer!

* Ons het per abuis ’n foutiewe prys vir Estée Lauder se Advanced Time Zone Age Reversing Line/Wrinkle Creme Broad Spectrum SPF 15 in die nuwe April-uitgawe gegee. Die korrekte prys is R750 en nié R525 soos dit op bladsy 111 in die tydskrif aangedui is nie.