"Deesdae word wegbeweeg van kunsmatigheid en aangeplaktheid na 'n natuurlike voorkoms - vroue wil nou grasieus oud word," sê skoonheidskenner Leigh Toselli.

Om vroue hiermee te help is daar ModelCo Erase Those Fine Lines (R510 by Edgars). Volgens dié skoonheidshuis kan dit met Botox vergelyk word en maak dit jou vel byna dadelik ferm – sonder enige naalde. Gebruik jy dit gereeld, sal jy gou die verskil in die lengte en diepte van lyntjies op jou gesig sien.