"Kies 'n natuurlike lipstiffie met 'n perske of pienk ondertoon om seker te maak dat jou nude lip jou nie vaal laat lyk nie," is grimeerkunstenaar Adelle Jung se raad.
"As jy ouer is en bekommerd is oor plooie om jou oë, is neutrale grimering ideaal. Wees bedags versigtig met blink oogskadu's – veral in die vou van jou oog – maar wend dit op jou oogbank teen jou wenkbroue aan vir 'n sexy aandvoorkoms," sê sy. Probeer: M.A.C se New View Mineralize Skinfinish (R210) spog aan die een kant met 'n glimmende poeier en aan die ander kant met 'n poeier wat 'n mat afwerking gee. M.A.C se New View 189 Face Brush (R310) is ideaal om dit mee aan te wend en is perfek vir sensitiewe velle.