Met soveel ekstras by jou basiese velsorgroetine is dit soms moeilik om te weet wanneer om wat aan te wend. “Dit is belangrik om jou velsorgprodukte in die regte volgorde aan te wend. So verseker jy dat jou produkte se aktiewe bestanddele deeglik tot jou vel deurdring,” sê Unine van Rooyen, senior opleidingspesialis van Dermalogica. Boonop beteken dit ook dat jou produkte meer sakpas sal wees omdat dit jou langer sal hou!

Volg ons SARIE-gids en wend jou velsorgprodukte in dié volgorde aan vir die beste resultate:

Velsorg Infographic1Velsorg Infographic2

Velsorg Infographic3

Velsorg Infographic4

Velsorg Infographic5

Velsorg Infographic6

Velsorg Infographic7

Velsorg Infographic8

Velsorg Infographic9

Het jy geweet?

Produkte met ’n waterbasis (soos ’n jel of vloeibare room) is ligter, terwyl oliebasis-produkte (soos ’n gesigolie of nagroom) swaarder en digter voel. Jy wend ligter produkte eerste aan omdat water vinniger deur jou vel geabsorbeer word. Olie, daarenteen, vorm ’n beskermende lagie op jou vel se oppervlak en daarom wend jy swaarder produkte laaste aan.

Probeer dié produkte:

* Dele van dié artikel het oorspronklik in SARIE se Augustus 2015 uitgawe verskyn.

Lees nou

Gee jou kaste nuwe lewe

5 mooiste maniere met oogomlyner