Foto bo: Proteïene afkomstig van sy voorkom borreltjies en strepe vir ’n egalige voorkoms met Revlon Nail Enamel in One Perfect Coral (R90)

Pêrelagtige deeltjies in Dior Vernis in Plaza (R270) reflekteer lig vir die helderste kleur nóg

Jou naels doen die praatwerk met ’n helderpienk skakering soos Bobbi Brown Nail Polish in Pink Valentine (R180)

Wys jou gesofistikeerde kant met ’n koraalkleur skakering soos Tip Top Sinful Colors Nail Polish in Boogie Nights (R27), by Clicks

’n Formule wat blitsvinnig droog word, gee jou meer tyd vir pret in die son – Yardley Quick Dry Nails in Candy Burst (R49)

Vir sakpas kleur wat ekstra blink, probeer Catrice Ultimate Nail Lacquer in Meet Me At Coral Island (R35), by Dis-Chem

Nylon sorg dat jou kleur langer vars lyk met Michelle Ori Long Stay Nail Lacquer in Breeze (R40)

’n Sagte, treffende kleur soos Rimmel 60 Seconds Nail Colour in Instyle Coral (R55) sal enige uitrusting opkikker

Pigmente vir uitstekende subtiele kleur in Estée Lauder Pure Color Nail Lacquer in Coral Cult (R255), van dié maand af te kry.

Maak 'n verbeel-draai in Parys en verf die modekleur van dié modeweek op jou naels met Chanel Le Vernis in Orange Fizz (R255)