"Jy kan kartels soos Julia Roberts s’n skep met behulp van die groot GHD-stileertang (die Salon Styler). Draai stringe hare 360° om die yster en trek die yster na onder. Hou dan die krulle in plek met ’n serum of mousse," sê Terence Terenzo.

Enige vrou van enige ouderdom kan haar hare lank dra, glo hy: "Ek weet nie waar die idee vandaan kom dat soveel vroue oor 40 dink hul hare móét kort wees nie. Vir my is lang hare juis sag en sensueel, en dit kan ook ’n lyntjie of twee wegsteek," sê hy.

Jy hoef ook nie noodwendig sterk gelaatstrekke soos Julia s’n te hê om langer hare te dra nie. Net as jou wangbene wyd geset is, moet jy liefs van só ’n haarstyl wegbly – 'n bos krulle sal jou gesig nog breër laat lyk. Grimeerkunstenaar Lisa Cloete sê Julia se groot mond is onverwags mooi: "Vroue moet dit oorweeg om juis daardie gelaatstrekke wat nie as klassiek mooi beskou word nie, te beklemtoon – soveel Hollywood-vroue het dit al hul kenmerk gemaak." Lees meer oor Julia as die skoonheidshuis Lancôme se nuwe gesig in die Mei 2010-SARIE.

In Julia se grimeersakkie

Maybelline Color Sensational Lipstick in Autumn Rush (R104,95) Behou jou hare se vog met VO5 Deep Nourishing Elixir Strengthening Conditioner For Damaged, Coarse, Brittle Hair (R19,99 vir 200 ml)

Hou ’n vel van 40+ stralend met RoC Complete Lift Lifting Daily Moisturizer (R365).