Wat het jou laat besluit om ’n ambassadeur van die Franse skoonheidshuis Lancôme, wat vanjaar 75 is, te word?
Dit voel soos die wonderlikste eindbestemming. Ek dink om in my 40’s modelwerk te doen is modern en pret. Ek het nou die selfvertroue om dit te doen, en ’n gevoel van sekuriteit.

Wat is jou definisie van skoonheid?
Om gelukkig te wees en ’n goeie humorsin te hê. Dít beskryf die meeste aantreklike mense wat ek ken.

Hoe lyk jou skoonheidsroetine?
Ek probeer om altyd ’n sonskerm te gebruik. Ek dink dís die belangrikste. Ek is meer van ’n binnenshuise mens, gelukkig, maar ek het besef ek moet nogtans altyd een dra. Oogroom word ook ál belangriker.  Ek doen nou moeite om te onthou om dit gereeld te gebruik. As jy regtig min tyd het, is oogroom en sonskerm die sleutel-items.  Wat grimering betref, gebruik ek altyd Lancôme Juicy Tubes (R260) op my lippe. En dis nooit ’n slegte idee om jou wimpers te krul nie. Ek’s ook mal oor oogomlyner. Ek dink altyd: As ek genoeg opsit, sal ek in Sophia Loren verander!

Wat is die beste skoonheidsraad wat jy al gekry het?
Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys.

Waar het jou liefde vir toneelspel begin?
My ouers is albei akteurs, so ook my broer en suster (Eric Roberts en Lisa Roberts Gillian). Ek het daarmee
grootgeword.

Jy het onlangs Eat, Pray, Love verfilm. Wat het jou laat besluit om dié rol te aanvaar?
Dis ’n pragtige boek met ’n interessante storie. Dis ’n verhaal met baie diepte, van ’n vrou wat deur probleme worstel. Daarom het ek geweet dit sal ’n groot onderneming wees. Daar’s meer in die verhaal as wat ek aanvanklik besef het – ie plekke, die mense, die omgewing. Ons het baie moeite gedoen om eerlik en getrou aan die boek te bly. 

Het jy Elizabeth Gilbert, die skrywer van die boek, ontmoet?
In Rome, ja. Sy was presies hoe jy haar voorstel as jy die boek gelees het. Sy het my ’n groot druk gegee en is nogal buitengewoon, met ’n gevoel van kalmte.

Het jy ’n lewensleuse?
Wees goedhartig.

Watter waardes wil jy jou kinders leer?
Deernis, vrygewigheid en geluk. 

Watter eienskap is vir jou die aantreklikste in ’n man?
Ek weet nie wat jy hulle noem nie, maar my man het hulle almal!

En in ’n vrou?
Hoe sy haarself dra. Humor – ’n baie goeie humorsin! Dan, ten laaste, gebruik jy Lancôme-produkte?
Ja, al lankal. Ek het hul Rénergie Morpholift R.A.R.E.Yeux-oogroom (R615) op my spieëltafel, en hul Aqua Fusion-gesigroom (R540). Hul Bi-Facil Eye Make-Up Remover (R285) is die beste grimeringverwyderaar nóg. Ek’s ook mal oor Lancôme se sonskerms (soos Soleil DNA Guard Face Cream SPF 50, R350) en maskaras.

<< Wimper-Wonders Julia Roberts is ook die gesig van Lancôme se nuwe Hypnôse Precious Cells-maskara. In 1987 het Lancôme ’n deurbraak gemaak met hul eerste behandelingsmaskara, Kéracils. In 1991 het Définicils gevolg om elke wimper apart te definieer. Met Hypnôse (2004) het die skoonheidshuis ’n unieke polimeerformule geskep, en in 2007 het Virtuôse gespog met ’n formule vir ekstra krul en lengte. 2008 was nóg ’n belangrike maskarajaar: Lancôme het hul eerste vibrerende een bekend gestel, met die naam Oscillation. Vanjaar sien ons die bekendstelling van Hypnôse Precious Cells (R340). Dié maskara is geïnspireer deur stamsel-navorsing. Wimpers se struktuur is ontleed om ’n formule te skep wat hulle voller en langer laat lyk. Dié formule help jou wimpers ook om te vernuwe, terwyl die spiraalvormige borsel élke haartjie kan bykom. Beskikbaar vanaf 17 Mei. Besoek sarie. com vir nóg interessante inligting oor Lancôme-maskaras.