Ons het laas week lokfoto's gedeel van die bekende modeontwerper Karl Lagerfeld se eerste parfuums. En vandag maak ons al die besonderhede bekend!

Vir haar

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Karl Lagerfeld Women (R695 vir 45 ml EDP) is ’n groen blomgeur en die note lyk só:

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Topnote Lemmetjie

Perske

Hartnote

Roos

Magnolia

Frangipani

Basisnote

Muskus

Amberhout

Vir hom

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Karl Lagerfeld Men (R695 vir 50 ml EDT) het ’n geurige kombinasie van hout- en vrugtenote.

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Topnote

Laventel

Nartjie

Hartnote

Appel

Viooltjie-blaar

Basisnote

Sandelhout

Amber

Oor Karl

FOTO: Instagram (@karllagerfeld) FOTO: Instagram (@karllagerfeld)

  • Hy is in 1933 in Duitsland gebore.
  • Sy volle naam is Karl Otto Lagerfeldt.
  • Hy het die "t" aan die einde van sy van begin weglaat om "meer kommersieel te klink".
  • Karl het as 14-jarige na Parys getrek en ’n assistent geword vir die Franse ontwerper Pierre Balmain.
  • Hy werk al sedert 1983 as ontwerper vir die modehuis Chanel.
  • In 1984 het hy sy eie handelsmerk, Karl Lagerfeld, bekend gestel.
  • Sy kat, Choupette, het meer as 35 000 volgelinge op Twitter (@ChoupettesDiary)!
  • Karl se huidige muse is die Britse model Cara Delevingne.
  • Hy het self die foto's geneem vir die nuwe parfuums se advertensie.

BRON: www.vogue.co.uk

Kyk hier na 'n agter-die-skerms-video van die fotosessie vir die advertensie

)