Kate se haarkleur was die afgelope tyd effens valer as in die verlede. Haar grys hare het ook begin wys (kyk na die foto hier). Maar ná 6 ure én £600 (sowat R9 985) by haar nuwe haarkapper, is haar kapsel donkerder en daar is geen teken van die grys nie.

Die 31-jarige Kate se afspraak by een van die duurste haarkappers in Engeland het glo 6 ure geneem! Haar suster, Pippa, het vir die Italianer Rossano Ferretti aanbeveel en Kate is na hom vir ’n knip, ’n kleur en ’n blaas.

Rossano se haarsalon is een van die bekendstes in Londen (hy het ook takke in Parys, Los Angeles, New York, Miami, Madrid, Rome en Venesië) en hy is bekend vir sy duur afsprake. Hy het ook in die verlede prinses Diana se hare gesny, asook Carole, Kate se ma. Ander bekendes wat al in sy stoel gesit is, is Angelina Jolie en Salma Hayek.

FOTO: Kate eerste keer op rooi tapyt ná geboorte PLUS William tree uit

Kate het glo net ná 12:00 by dié salon aangekom, waarna sy dadelik na die BBP-suite op die derde vloer geneem is. Die salon was omtrent in rep en roer oor dié spesifieke BBP en toegang tot die vloer was afgesper sodat Kate se hare sonder enige onderbrekings gedoen kon word. Toe Kate 6 ure later by die salon uitstap, was het haar donker lokke oudergewoonte weer oor haar skouers geval.

Kleur jou hare self by die huis - dís wat jy moet weet

Kate dank haar haarstilis af

Kate het een van haar gunsteling-haarstiliste in die pad gesteek. James Pryce was verantwoordelik vir haar mooi haarstyl op haar troudag, asook haar foutlose haarstyle tydens haar amptelike toer van Noord-Amerika saam met Willem. Hy het op sy Facebook- en Twitter-blad honderde foto's van die hertogin gedeel om sy haarsalon te bemark - sonder Kate of die Paleis se toestemming.

Sy is steeds op goeie voet met haar haarkapper, Richard Ward, en stilis, Amanda Cook Tucker, wat verantwoordelik is vir haar kenmerkende Chelsea Blowout.

Richard Ward het ook Kate se kuif gesny in 2012 FOTO: Gallo Images / Getty Images Richard Ward het ook Kate se kuif gesny in 2012 FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bronne: Daily Mail, Hello!