Die swanger hertogin van Cambridge.

Volgens die Britse tydskrif Hello! is Kate by die Rossano Ferreti Hair Spa in Mayfair, Londen, afgeneem. Kate, wie se haarstyl een van die wêreld se gunstelinge is, laat sny al die afgelope tien jaar haar hare by die bekroonde haarkapper Richard Ward. Maar dit lyk asof sy nou die talente van Ferreti verkies.

Lees hier oor waar en wanneer Kate en William se eersteling gebore gaan word!

Rossano Ferreti, eienaar van die haarsalon waar Kate raakgesien is, is haar ma, Carole, en suster, Pippa, se haarkapper, en sedert die swanger Kate twee weke gelede voor dié salon afgeneem is, lyk dit asof sy ook nou haar hare by Rossano Ferreti laat doen.

Nuuskierig oor die koninklike babakamer? Klik hier om te sien hoe die kamer gaan lyk.

Sy haarsny-tegniek is al deur die koerant The Daily Mail as "The Method" beskryf. Dié tegniek beklemtoon hoe jou hare val, asook die struktuur en tekstuur daarvan.

Ferreti, wat al bekendes soos Angelina Jolie en Salma Hayek se hare gestileer het, het ook salonne in Parys, Los Angeles, New York, Miami, Madrid, Rome en Venesië.

Dink jy Kate se haarstyl pas haar?

Só kry jy die Chelsea Blow Wave

Bron: Pinterest