Die skeppers van die serum, Lancôme Dreamtone, sê dis een van die eerste rome wat swangerskap-miasma, donker sproete wat op nuwe ma’s se vel uitslaan, behandel, skryf die Britse koerant Daily Star. Dis perfek vir Kate, aangesien die nuwe mamma lankal dol is op dié skoonheidshuis. Sy het selfs op haar troudag Lancôme-grimering gedra!

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

Kate is een van ’n handjie vol bekendes wat gevra is om solank dié serum te toets. Sarah Jessica Parker, van Sex and the City-faam, en die supermodel Naomi Campbell toets ook Dreamtone voordat dit die winkelrakke tref.

Kyk net wat sê prins William oor die klein prinsie!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die produk, wat van seewier en sampioene gemaak is, is vanaf 14 Oktober in Suid-Afrika beskikbaar. Hou SARIE dop vir meer!

Het jy al Sarah Jessica Parker se mooi gesin gesien?