SARIE is mal oor Kate se eenvoudige grimering wat haar altyd klassiek en elegant laat lyk. 

Sy pryk op die September-uitgawe van dié tydskrif met ’n vlekkelose gelaat, ligpienk lippe en ’n gesonde blos op haar wange. Ons hou veral van die baie ligte, blink oogskadu oor haar hele ooglid, en omlyner wat sy reg rondom haar oë aangewend het vir ’n smeulende voorkoms.