Die doel van The Bobbi & Katie Collection is om vroue se lewe makliker te maak en hulle goed te laat voel oor hulself. Katie glo dié reeks vermag presies dit, want 'n vrou kan daarmee haar grimering "agter in 'n taxi ... in die badkamer by die huis ... of in die parkeerterrein by jou kind se sportveld" aansit, skryf die Daily Mail in Brittanje.

Katie Holmes is verlede September as die eerste gesig van Bobbi Brown aangewys!

Bobbi Brown

Dit bestaan uit ’n palet met agt oogskadu’s, twee van Bobbi Brown se gewilde Pot Rouge-produkte (wat as blosser én lipstiffie gebruik kan word) en ’n klein oogomlyner, als in neutrale en natuurlike skakerings. Die reeks het ook ’n stel grimeerborsels.

Katie Holmes

Katie sê ook vir die tydskrif WWD sy is lus om nou die wêreld van parfuums te betree – sal jy Katie Holmes se parfuum dra?

Katie Holmes se lewe ná Tom Cruise

The Bobbi & Katie Collection word vanaf September in oorsese winkels verkoop. Dink jy ons sal dit in Suid-Afrika kry? Hou SARIE.com dop vir meer!

Hier is Bobbi Brown se moets!