Die Kiehl’s-winkel in Edgars in die Canal Walk-winkelsentrum maak op 1 Oktober sy deure oop. Dié winkel sal net soos die ander in SA al die gewilde Kiehl’s-kenmerke hê: ’n ou New York-apteek-voorkoms; ’n Mr Bones-geraamte wat jou groet by die deur; én ’n Harley Davidson motorfiets!

Klante sal ook toetsgroottes van enige produk kan kry om te probeer voordat hulle dit koop.

Dié skoonheidshuis was oorspronklik ’n apteek wat in 1851 deur die apteker John Kiehl gestig is. Nadat dit deur Aaron Morse oorgeneem is, het hulle velsorgprodukte begin ontwikkel en só die skoonheidswêreld betree.

Kyk hier na ’n video oor die geskiedenis van Kiehl’s: