Kate Moss pryk met helder oranje lippe op die voorblad van die Augustus-uitgawe van die Britse Vogue, en daar is geen rede hoekom jy nie óók hierdie opgewekte kleur kan dra nie.

Die geheim met ’n kleur soos oranje is om die regte skakering vir jou veltoon te kies. Kies jou beste skakering só:

* Ligte veltoon: ’n appelkooskleurige oranje
* Ligte- tot medium-veltoon: ’n koraalkleurige oranje
* Medium-veltoon: ’n oranje wat naby aan rooi is
* Donker veltoon: ’n ware, helder oranje