Ons almal weet hoe belangrik jou basiese velsorgroetine is, maar deesdae is daar ook ekstras soos CC-rome en serums om jou vel op sy beste te laat lyk. Maar daar is soveel velprodukte op die rak! Ons help jou kies wat reg is vir jóú ...

Hou jy van ...

Optof en jy het ’n goeie vel

Hoewel jy ’n mooi vel het, dra jy graag grimering en verkies ’n produk wat jou vel goed bedek.

Kies: Basiese velsorgroetine + serum + basislaag + onderlaag

Screen Shot 2014-05-26 at 4.11.40 PM

Optof, maar is bekommerd oor vlekkies, merkies en lyntjies

Jy hou van ’n produk wat jou vel goed bedek, maar benodig ekstra hulp vir jou velkwale

Kies: Basiese velsorgroetine + serum + basislaag + CC-room + onderlaag

Screen Shot 2014-05-26 at 4.11.52 PM

’n Natuurlike voorkoms en jy’t ’n goeie vel

Jy het ’n mooi vel en wil dit net egalig laat vertoon sonder om dit te veel te bedek.

Kies: Basiese velsorgroetine + serum + BB-room

Screen Shot 2014-05-26 at 4.12.06 PM

’n Natuurlike voorkoms, maar vlekkies, merkies en lyntjies pla

Jy het ’n onegalige velkleur weens vlekkies en/of sproete, asook fyn lyntjies en/of vergrote porieë en jy wil dit beter laat vertoon sonder te veel grimering.

Kies: Basiese velsorgroetine + serum + basislaag + CC-room + BB-room

Screen Shot 2014-05-26 at 4.12.14 PM

*Die artikel is in die Januarie 2014-uitgawe van SARIE gepubliseer