Sewe jaar se navorsing! Dis wat dit GUERLAIN gekos het om uit die sowat 25 000 bestaande orgidee-spesies 4 te vind vir hul Orchidée Impériale-ekstrak.
Dié ekstrak, ook met orgidee-botter, beskerm veral ’n volwasse of droë vel teen veroudering. Guerlain Orchidée impériale Rich Cream is nie goedkoop nie, maar uniek, sowaar.

 

Dit het begin met produkte wat die Botox-metode naboots sonder die naalde. Nou bou Givenchy voort op hul sukses met hul No Surgetics-reeks, wat volgens grimeerkunstenaar David White sorg vir byna die helfte van Givenchy se omset. Probeer No Surgetics Wrinkle Defy Instant Wrinkle Refiner.

’n Bruin alg, Padina pavonica (peacock’s tail), wat in die Atlantiese Oseaan voorkom help om jou vel se kollageenproduksie te verhoog en bevorder elastisiteit. Elemis Pro-Collagen Quartz Lift Serum bevat dié ster-bestanddeel, asook waardevolle minerale soos kwarts en granaatsteen wat die vel se verbindingsweefsel beskerm.

Op soek na ’n produk wat binne 4 weke ’n verslankende effek van tot 64% het en lemoenskilvel met tot 71% verminder? Clarins se Body Shaping Supplement is ’n innoverende produk wat saam met enige lyfroom gebruik kan word om lemoenskilvel te beveg. Voeg 6 tot 8 druppels by ’n bietjie van jou gewone lyfroom, en siedaar!

Ál meer oogskadu’s, blossers en gesigpoeiers word met mineraalpigmente verryk. “Dit voed jou vel en verstop nie porieë nie,” sê Liz van der Merwe, senior grimeerkunstenaar by M.A.C. Mineralize SPF 15 Foundation/Loose van M.A.C word met 77 verskillende minerale verryk om jou vel te voed, terwyl die silikoon-bedekte mika lig subtiel reflekteer sodat merkies minder sigbaar is.

“Vandag se gehalte-lipstiffies kleur nie net lippe nie, maar herstel ook die natuurlike kontoere, kleur en volume,” vertel Xavier Bin, skepper van Lancôme se lipstiffie-reeks L’Absolu Rouge.

Die buisies spog met vier klein magnete aan die onderkant wat die blinkswart doppie vinnig en perfek in posisie laat klik. L’Absolu Rouge-lipstiffie is in 25 skakerings te kry.  Het jy geweet? ’n Lipstiffie bevat minstens 15 bestanddele, waarvan die kleurpigmente gewoonlik die duurste is.

 

“Vandag se gehalte-lipstiffies kleur nie net lippe nie, maar herstel ook die natuurlike kontoere, kleur en volume,” vertel Xavier Bin, skepper van Lancôme se lipstiffie-reeks L’Absolu Rouge. Die buisies spog met vier klein magnete aan die onderkant wat die blinkswart doppie vinnig en perfek in posisie laat klik. L’Absolu Rouge-lipstiffie is in 25 skakerings te kry.  Het jy geweet? ’n Lipstiffie bevat minstens 15 bestanddele, waarvan die kleurpigmente gewoonlik die duurste is.

Jou vel is móég na ’n lang dag. Maar met Estée Lauder se nuwe Perfectionist (CP+) Wrinkle Lifting Serum word kollageenproduksie binne 2 ure geprikkel om die vel weer oggendvars te laat lyk, vertel dr. Daniel Maes, senior vise-president van navorsing en ontwikkeling by Estée Lauder.

Deurbraak-tegnologie het Revlon in staat gestel om hul Beyond Natural™ Skin Matching Foundation te ontwikkel. Dié onderlaag (in vyf skakerings te kry) pas by jóú vel se skakering aan. “Vroue wil meer natuurlik lyk. Tekstuur is ook belangrik - onderlaag moet soos sy voel,” sê Adele du Plessis, kommunikasie-direkteur van Revlon. Nou wag ons net vir één enkele onderlaag wat by álle velkleure sal aanpas!