Karlien van Jaarsveld het onlangs smeulende foto’s op Instagram gedeel. In die fotossies, geneem deur Suna Roberts, is haar rokerige oë die fokuspunt.

Smeulende, rokerige oë bly seisoen na seisoen in die mode en dit lyk supersexy. Ons wys jou hoe om die voorkoms met grimering te kry.

More shots from @suna1suna1 ??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on


And we will stand up and walk tall??#bitofafeminist Photo - @suna1suna1 ??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on


Shot by @suna1suna1

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on



In dié video deur ons 2013-Voorbladgesigwenner, Marike Nel, wys sy stap vir stap hoe om die voorkoms te skep.


Nóg wenke vir smeulende rokerige oë:

* Begin deur liggies met jou vinger ’n wit oogskadukleur oor jou ooglede te skakeer. Dit reflekteer lig en help om jou oë groter en meer oop te laat lyk.

* Met ’n klein plat grimeerborsel wend dan ’n swart-grys oogskadukleur teenaan jou onderste en boonste wimperlyne aan.

Wenk:

As jy voel swart is bietjie donker, kies eerder bruin oogskaduskakerings vir die dag.

* Met ’n groter grimeerborsel skakeer baie liggies ’n mooi maroen kleur oor jou oogbanke. Die kleur moet uitgewas lyk.

* Vir ekstra definisie wend ’n swart oogomlyner teenaan jou onderste wimperlyn aan wat jy dan met haar vinger effens smeer (smudge).

* ’n Paar lae maskara rond dié sagte rokerige voorkoms af.

Wenk:

Hou die fokus op jou oë en dra ’n naakkleurige (nude) lipstiffie met ’n satyn- of glans-afwerking.