’n Bolla is deesdae een van die gunsteling-haarstyle. Dis vinnig en maklik om te maak. SARIE wys jou hoe . . .

Die Kardashian-susters, Taylor Swift, Jennifer Lawrence, Kate Bosworth, Jennifer Lopez en Hayden Panettiere is onder die bekendes wat graag 'n bolla dra. En met die hulp van ’n spesiale scrunchie (R60 by Forever New) kan jy die perfekte bolla binne vyf minute kry!

FOTO: www.taylorswift.com Taylor Swift FOTO: www.taylorswift.com

Kry jy nie die scrunchie nie? Maak jou eie een – met ’n kous! Doen dit so:

Stap 1:

FOTO: Elmari de Vos FOTO: Elmari de Vos

Neem ’n sokkie (verkieslik ’n lekker dik een, soos ’n mansokkie) en sny die toongedeelte af sodat die kous twee openinge het.

Stap 2:

Rol die kous op totdat dit dieselfde vorm as ’n oliebol het (rond met ’n gat in die middel). Siedaar! Jy het jou eie scrunchie gemaak. Nou kan jy met jou bolla begin.

FOTO: Elmari de Vos FOTO: Elmari de Vos

FOTO: Charis Labuschagne FOTO: Charis Labuschagne

Stap 3:

Maak ’n hoë of lae poniestert, afhangende van waar jy wil hê die bolla moet wees. Die mode is om jou bolla hoog op jou kop te dra, maar vir ’n meer klassieke voorkoms kan jy dit in jou nek ook maak.

FOTO: Charis Labuschagne FOTO: Charis Labuschagne

Stap 4:

Sit jou scrunchie of kous bo-oor jou rekkie waarmee jy die poniestert gemaak het (sien foto).

Stap 5:

Sprei jou hare nou rondom die kous of scrunchie sodat jou geheime hulpmiddel nie gesien kan word nie.

top knot stap 5Stap 6:

Vou die punte van jou hare bymekaar en rol dit rondom en onder jou bolla in.

IMG_3244

Stap 7:

Sit 'n rekkie om jou bolla om dit in plek te hou.

Stap 8:

Spuit met haarsproei.  Vir ’n meer informele, gemaklike voorkoms kan jy bietjie hare uittrek en jou bolla losserig vasmaak, terwyl ’n stywe bolla met al jou hare in plek ideaal is vir ’n deftiger geleentheid.