Kry Candice Boucher, die voorbladgesig van ons SKITTER-bylaag, se voorkoms só.

Rooi lippe is beslis nie seisoengebonde nie, en kan op warm somersdag nét so vars lyk soos die warmte wat dit in die winter aan jou voorkoms gee. Candice het die rooilip-voorkoms op die SKITTER-voorblad vervolmaak.

Haar vel het 'n brons glans wat meeste van ons uit 'n bottel moet kry. Sy het nie werklik onderlaag nodig nie, maar elke vel kan doen met 'n laag onder die ateljee-ligte.

Onderlaag

Revlon PhotoReady Foundation

Dié onderlaag laat jou vel glad en vlekkeloos vertoon.

foundation

Blosser

Revlon Powder Blush in Melon Drama

Dié blosser word liggies op die wange aangewend. Indien jy nóg kleur nodig het, gebruik Revlon Powder Blush in Bronzilla op jou voorkop, middel-wang en ken-area.

bronzilla blusher melon

Lip

Revlon ColorStay Moisture Stain in Shanghai Sizzle

Maak seker jou lippe is bevogtig en dat die kleur wat jy kies by jou veltoon pas. Revlon se ColorStay Moisture Stain is propvol vitamien E en aalwyn.

lip

Revlon Photoready Primer and Shadow in Metropolitan Brown en Revlon MegaLash Lengthening Mascara

Wend eers Photoready Primer op jou ooglid aan en volg dan met die kleure. Jy kan 'n blink laag heel bo-op probeer om dié voorkoms perfek af te rond. Vir jou wimpers, gebruik twee lae Revlon MegaLash Lengthening Mascara.

revlon mascara

eyeshadow

Kry jou SKITTER saam met die Desember-uitgawe van SARIE.

SKITTER SARIE