Sy begin ’n trend die oomblik dat sy haar voete by die deur uitsit. Noem haar die koningin van hedendaagse straatstyl; die nuwe popkultuur-model. Kendall Jenner is die It girl van die oomblik.

Kry haar grimeervoorkoms

(Klik op die hartjies op die foto vir meer inligting)
Sy inspireer jong vroue soos supermodelle Claudia Schiffer en Naomi Campbell destyds gedoen het.

- Olivier Rousteing van die Franse modehuis Balmain

Haar modevoorkoms

Kendall Jenner op die loopplank by Michael Kors se lente somer 2016 vertoning tydens New York Modeweek FOTO: JP Yim / Stringer / Getty Images / Gallo Images Kendall Jenner op die loopplank by Michael Kors se lente somer 2016 vertoning tydens New York Modeweek FOTO: JP Yim / Stringer / Getty Images / Gallo Images

Vogue het onlangs die term Instagirl geskep, en met haar miljoene volgelinge op Instagram en Twitter is die 20-jarige Kendall die Instagirl van die oomblik. Die Somer-modeweek in New York het weer bewys sy is ’n gunsteling vir vele modehuise - op die loopplank en in hul advertensieveldtogte.

kendall jennerSo pas is Esteé Lauder se nuwe parfuum, Modern Muse Le Rouge, bekend gestel: dapper, sterk, sexy. Wie kon ’n beter gesig vir dié nuwe geur gewees het as juis Kendall Jenner! kendallrosergb