Waarvan hou jy ?die meeste van ?jou voorkoms vir ?die musiekvideo?
Beslis my dramatiese rokerige oë. Dit is nie vir die dag nie, maar as jy ’n aand lank Cleopatra wil speel, sal ?hierdie diep vlootblou en steenkool skakerings sorg ?dat jy allesbehalwe ’n muurblom is!

Watter produkte is noodsaaklik om goed te ?lyk voor die kameras?
Dis belangrik om met ’n goeie verbloemer te begin. Die grimeerkunstenaar het Estée Lauder se Ideal Light Illuminator in Light (R265) gebruik om ’n egalige veltoon te skep.

Daarna het sy Estée Lauder Double Wear Light in Intensity 1.0 (R385) aangewend. Dié onderlaag het die volle 18 uur van ons eerste dag op stel perfek gelyk.

* By ons ter perse gaan, ?het die CD nog nie ’n titel ?gehad nie.