Vergeet vir eers van contouring, die slim grimeertruuk waar jy met die skep van kontoere jou gelaatstrekke kan verbeter. Deesdae is die skoonheidswêreld se nuutste gonswoord eerder non-touring - ’n verligte, stralende vel net soos sanger Jennifer Lopez!

Modelle soos Gigi Hadid en Rosie Huntington-Whiteley is ook aanhangers van dié voorkoms en selfs die werklikheidster en kontoer-koningin Kim Kardashian erken dat sy nou eerder ’n stralende gelaat bo perfek gedefinieerde wangbene verkies. En die beste van als? Jy het net drie produkte nodig om dié voorkoms te skep!

Dink daaraan as lig wat op jou vel geverf word ...

Verligter word gebruik om die dele van jou gesig waar lig natuurlik val glans te gee vir ’n natuurlike gloed, het Raine Tauber, senior grimeerkunstenaar van M.A.C, tydens die grimeerhuis se tendensvoorskou vir somer gesê. “Die res van jou grimering is minimaal met merkies en vlekkies wat plek-plek subtiel deurskyn.”

En dis soos ’n "facelift"

“Omdat lig van spesifieke dele van jou gesig, soos jou wangbene of neusbrug, af weerkaats, skep dié grimeervoorkoms die illusie van ’n fermer vel wat jeugdig en gesond lyk,” sê Chris Williams, plaaslike grimeerkunstenaar van Estée Lauder. Dis perfek om deur die dag tydens die somermaande te dra, omdat jy dan minder produkte met ligter formules op jou vel wil gebruik.

Gigi Hadid

Rosie Huntington-Whiteley

Waar die skep van kontoere ’n geoefende grimeerhand en hope produkte nodig het, is dié grimeervoorkoms maklik en vinnig om te kry - net drie produkte is nodig!

Doen dit só:

Stap 1: Begin met ’n basislaag (primer) oor jou hele gesig. Dit “vul” ’n oneweredige veltekstuur in sodat jy ’n gladde gelaat het wanneer jy onderlaag aanwend.

Wenk: As daar hier en daar merkies of vlekkies is wat jy wil bedek, kan jy eers ’n verbloemer hier aantik voordat jy onderlaag aanwend.

Stap 2: Kies ’n getinte vogroom of BB-room met ’n douerige afwerking wat jou vel minimaal bedek. Gebruik jou vingers of ’n grimeersponsie en versprei dit liggies met drukbewegings oor jou vel sodat dit natuurlik lyk.

Stap 3: Tik verligter op jou wangbene, die brug van jou neus, jou oogbanke en ken. Dit is die dele van jou gesig waar lig natuurlik val. ’n Vloeibare formule skakeer die maklikste sodat dit lyk asof jou vel van binne gloei.

Probeer dié produkte vir die non-touring voorkoms:

Lees nou

VIDEO: Probeer dié SA geïnspireerde nael-idees

Dít sê jou voete oor jou gesondheid ...