’n Nuwe gier begin die skoonheidswêreld (en ons Instagram) oorheers – lipkuns! Ja, grimeerkunstenaars, skoonheidsbloggers en grimeerliefhebbers wêreldwyd spog deesdae met unieke en interessante lip-ontwerpe op hul Instagram-blaaie.

Dié trend gaan glo net groter word in die komende jare soos wat al hoe meer vroue waaghalsig raak met lipstiffie, volgens Will Malherbe, internasionale opleidingshoof vir Smashbox.

Will het dié lipkuns-ontwerpe geskep.

En as jy gedink het lippe-kuns is net vir dié wat hul Instagram-blaaie wil optooi, is jy verkeerd. Volgens Will kan lipkuns ook eenvoudig en subtiel wees sodat dit geskik is vir alledaagse dra. Kyk maar net na dié ontwerpe ...

Probeer ’n pienk ombré voorkoms.

Of speel met twee verskillende skakerings van rooi.

Jy kan selfs rooi lipstiffie op jou onderste lip aanwend en ’n helderpienk op jou boonste lip.

Probeer dié lipstiffies:

1. Clinique Pop Lip Colour and Primer in Kiss Pop (R295)

2. Bodyography Lipstick in Red China (R230)

Beskikbaar by uitsoektakke van Placecol-, Dream Nails- en Perfect 10-salonne

3. Estée Lauder Pure Color Envy Liquid Lip Potion in True Liar (R295)