By meer as een skoonheidsbekendstelling is die volgende grappie gemaak: Wat is die eerste ding wat jy gryp wanneer jou huis besig is om af te brand ...? Jou retinol!

As veroudering jou probleem is, is retinol die antwoord. Die´ kragtige bestanddeel is ’n vorm van vitamien A en het die vermoe¨ om kollageen te stimuleer sodat jou vel plomper

en jeugdiger lyk. Dit skilfer ook onsigbaar die boonste deel van jou vel af vir ’n gladder, stralende gelaat, behandel aknee en donker vlekke (pigmentasie) en normaliseer jou vel se natuurlike bevogtigingstelsel.

Retinol is al vir dekades in die skoonheidswe^reld beskikbaar, maar dit is oor die jare baie ontwikkel en verbeter. Jy kan dit bloot by jou bestaande velsorgroetine voeg en in die aand aanwend.

Dis belangrik om produkte wat retinol inspan, reg te gebruik, se^ Sonette Donker, velsorgkenner van die velsorgkliniek Skin ID in Johannesburg. Omdat dit ’n baie aktiewe bestanddeel is, kan jou vel in die begin effens rooi en droog wees en selfs sigbaar ’n bietjie afskilfer. Gebruik die produk eers so een of twee keer ’n week totdat jou vel gewoond is daaraan en vermeerder dit stelselmatig. “Dit neem so twee weke vir jou vel om aan te pas. Jy kan in hierdie tyd ’n ryker vogroom en bevogtigende masker gebruik om die droogheid teen te werk,” stel sy voor.

Wenk

Kyk uit vir produkte met die volgende woorde op die verpakking: retinol, retinyl-palmitaat (retinyl palmitate), retinyl-asetaat (retinyl acetate) en vitamien A.

Lees nou