Parfuum is ’n kragtige bykomstigheid. ’n Geur kan iets van jou bui en persoonlikheid verklap, en het die vermoë om iemand vir altyd in ’n herinnering vas te vang. Maak die beste van jou geur en laat dit heeldag lank hou met dié top-wenke:

Jou parfuumgids - alles wat jy moet weet oor parfuum en meer!

1. Humiditeit, hitte en lig kan die gehalte van jou parfuum aantas en so maak dat jou geur vinniger verdwyn ná jy dit aangespuit het. Bêre daarom eerder jou parfuum in ’n koel, droë plek waar direkte sonlig nie daarop sal skyn nie, soos byvoorbeeld in jou kas eerder as jou badkamer.

2. Buiten die konsentrasie parfuumolie in jou parfuum (EDP, EDT of EDC – lees meer oor parfuumoliekonsentrasies hiér) het jou veltipe ook ’n invloed op hoe parfuum aan jou ruik en hoe lank dit op jou vel hou. As jou vel meer olierig is, word die reukmolekules makliker daarin vasgevang en opgelos. Parfuum is daarom geneig om langer op ’n olierige vel te hou, sê parfuumkenner Michael Edwards op die webtuiste www.fragrancesoftheworld.com.

As jou parfuum geneig is om baie vinnig te verdwyn, probeer dié truuks om jou vel meer vogtig te maak:

  • Vryf ’n tikkie petroleumjellie aan jou polse voor jy jou parfuum aanspuit. Die olierige tekstuur sal die geur meer vasvang.
  • Spuit jou parfuum aan net nadat jy lyfroom aangewend het.
  • Of spuit jou parfuum aan nadat jy uit die stort of bad geklim het en jou lyf afgedroog het. Die hitte en vogtigheid maak jou porieë groter oop. Dit help dat jou geur langer hou.
Helder of nude lippe? Kies jou skakering! 3. Ons is almal geneig om ons polse teen mekaar te vryf ná ons parfuum aangespuit het. Tog kan dié gewoonte die geur vinniger laat verdamp omdat jy die natuurlike ontwikkeling van jou parfuum bespoedig en dan baie van die topnote nie sal ruik nie, sê Karyn Khoury, bekende parfuum-“neus” van Estée Lauder.
Spuit ’n tikkie parfuum op jou haarborsel en kam dan jou hare ’n paar keer daarmee.

4. Wees slim met waar jy jou parfuum aanspuit. Karyn spuit graag haar parfuum in haar nek, hare én in die waai van haar knieë, het sy verlede jaar tydens haar besoek aan SA vertel. “Geur styg. As jy parfuum op verskillende dele van jou lyf spuit, skep dit ’n aanloklike aura.”

5. Spuit ’n tikkie parfuum op jou haarborsel en kam dan jou hare ’n paar keer daarmee. Só gee jy jou hare ‘n ligte parfuumgeur, sonder dat die alkohol in jou parfuum jou hare uitdroog.

Ons skoonheidgunstelinge by die SAG-toekennings

Probeer dié parfuums:

  • Versace Pour Femme Oud Oriental (R1 095 vir 100 ml EDP)
  • Yves Saint Laurent Black Opium (R995 vir 50 ml EDP)
  • Jean Paul Gaultier Classique Summer Fragrance 2014 (R650 vir 100 ml EDT)
  • Thomas Sabo Charm Club Charm Rose Intense (R795 vir 50 ml EDP)
  • Vir hom! Jimmy Choo Man (R995 vir 100 ml EDT)

parfuumswenkeBronne: www.cosmopolitan.com, www.harpersbazaar.com, www.fragrancesoftheworld.com