"Jou jeug lê opgesluit in jou gene - jy moet dit net weer reaktiveer," glo die skoonheidshuis Lancôme, wat pas hul nuwe deurbraak-produk, Génifique (R825), bekend gestel het.

Die skoonheidshuis se navorsing het 'n proteïen geïdentifiseer wat net in jong velle voorkom en het daarvolgens 'n serum ontwikkel wat jou selle se proteïene aanvul.

Navorsing oor gene en chromosome is nog taamlik nuut: Eers in 2001 is navorsing afgehandel wat wetenskaplikes in staat stel om die sowat 30 000 gene te identifiseer wat oorerflik is.

* Génifique sal in Mei te koop wees.