Hy was vreesloos wanneer dit by die skep van nuwe haarstyle gekom het en het só naam gemaak as trendsetter in die skoonheidsbedryf.

Hy was bekend vir sy skerp, geometriese haarstyle wat vroue se beenstruktuur vlei. Sy kort style het gepas by die wash-and-wear-konsep. 

Sassoon se ma meen sy het 'n visie gehad dat hy 'n haarkapper moet word toe hy nog klein was, en op 14 het hy sy loopbaan begin as vakleerling by 'n haarsalon in Londen.

Sy salonne in Bondstraat in Londen en Madison Avenue in New York was in die 1960's dié plekke om jou hare laat sny.

* 'n Blik op sy lewe deur die fliek, Vidal Sassoon The Movie